Dr Barbara Louw
-
Die ergste scenario’s
Sien jy maklik scenario’s in die ergste graad en gevaar ooral? Sulke regte “worst-case scenarios”. Die goeie nuus is dat jou brein so saamgestel is om jou te beskerm teen gevaar en vir oorlewing.
Angs maak dat ‘n mens jou omgewing en interaksies met mense soos ‘n wafferse speurder die hele tyd bespied.
-
Ek wou jou vertel

'n Kliënt vertel my nou die dag dat die storie wat sy my wou vertel anders in haar kop geklink as wat uiteindelik uitgeborrel het. Dit is nogal ‘n algemene probleem as jy, in jou gedagtes, sorgvuldig uitwerk wat jy wil vertel en wanneer jy jou belewenis probeer praat klink dit net ‘anders’. Anders, asof dit ‘n afgewaterde weergawe is waarvan party stukke verlore geraak het.
As jy nodig het om my te vertel wat in jou hart, gemoed en kop omgaan, fokus op jou weergawe. Jou storie is belangrik. Ander mense, selfs die in jou storie, het ander belewenisse. Hulle het hul eie stories.
Jou lewenstorie het unieke eienskappe. Jou lewenservaringe het unieke nuanses met hoogtepunte, laagtepunte en ontploffings. Jou belewenisse is belangrik, net soos wat jy belangrik is.
Gewoonlik vertel my kliënte hul stories in stukkies en brokkies. Hulle onthou later die detail van wat hulle uitgelaat het of vertel die hele storie uit ‘n ander hoek of op ʼn ander manier.
As jy my kliënt is kan jy jou storie soveel keer vertel as wat jy nodig het om sin te maak van jou ervaring of gevoelens en gedagtes. My rol is om jou te help om die deurbrake te kry wat jy na soek. Ek is jou metgesel wat help om krisisse en trauma te ontsyfer sodat jy heel kan word.

Jy kan 'n vertroulike afspraak maak op
-
Fear, fake news and false facades

Fear, fake news and false facades
The three things that are thriving in the midst of a national disaster are fear, fake news and false facades. People try to cling to the idea that life has to go on as usual in the shadow of grave health concerns.
The reality is that we have to find a new sense of normality in a maze of anxiety-provoking, exaggerated gossip. It is hard to distinguish what is really happening and when are people exaggerating their situation.
Everything that happens is not a potential catastrophe and you don’t have to be in the centre of everyone’s drama. You are allowed to take a step back to take a reality check.
The good news is that people are resilient and much more flexible than we give ourselves credit for. We have used our innovative skills to deal with the shortage of electricity during load-shedding and now our movements are restricted. We have to make last-minute changes to our schedules because meetings get cancelled. We have to change our working hours and reprioritize interactions to fit in with the load-shedding roster.
-
From Bitter-“Stuckness” to Wisdom Personal Counselling Series 3

From Bitter-“Stuckness” to Wisdom Personal Counselling Series 3
The From Bitter-“Stuckness” to Wisdom Personal Counselling Seriesby Dr Barbara Louw is for you if you believe there must be more to life than you are experiencing now. The stuckness in your life might be because of traumatic events, missed opportunities, life choices or that elusive “glass ceiling”.
This series is for you if you are looking for constructive ways to deal with your emotions and see growth results. You are willing to explore and positively expand your choices, decisions, expectations, behaviour and skills gaps. This willingness to grow will allow you to get to the root of the stuckness and spiritual unwellness.
This series is particularly valuable for people suffering from workplace burnout, family distress and vicarious trauma.
Recreating your story will allow you to embrace wellness, wholeness and wisdom. It is time to create a heart space where you can heal, grow and thrive.
INITIAL PROCESS
All participants must have internet access for registration and access to the documents that will be provided every week.
Potential participants can complete an online self-assessment quiz to assess their whether they like the underpinning principles of the counselling offered by Dr Barbara Louw. After completing the quiz and selecting the best Series for you, you can request a 15-minute initial telephone conversation with her to confirm whether you will be able to work together.
BENEFITS AND RESULTS
This series of personal counselling sessions is more than a blueprint because Dr Barbara Louw’s Wholistic Wellness Model has been tried and tested for over 20+ years. The model offers life-changing applications of lifelong benefits.
Each session is informed by your unique story and situation. You will be able to experience rapid and measurable results during each session, as well as continuous change between sessions.
Sessions are confidential and there will be no group work.
The From Bitter-“Stuckness” to Wisdom Personal Counselling Series is structured in a way that you can feel safe because you know what to expect in each session. You will have enough time to choose what to share and how you would like to formulate your thoughts into words. Dr Barbara works at your pace to ensure that you don’t feel overwhelmed in your sessions together.
Christian Pastoral Counselling focuses on solutions for your challenges and skills to empower you to allow healing to continue long after the sessions end. After completing the Bitter-Stuckness to Wisdom Personal Counselling Series, you will receive a certificate to celebrate your journey.
TOPICS
The main headings for the series are:
1. Squeezed between the past and the future
2. Roots of Stuckness
3. My Glass Ceiling
4. Letting Go to Be Free
5. Freedom to Heal
6. My Wisdom Paradigm
OUTCOMES
At the end of the From Bitter-Stuckness to Personal Counselling Wisdom Series:
· You will see your life story in a new light.
· You will be able to use wisdom to replace shame, guilt and pain.
· You will experience a safe heart space with calm, compassion, curiosity, connection, courage, clarity, caring and creativity.
· Your healing process will continue as you go home because we deal with traumatic memories in the right way and the correct order.
· This series will increase your neuroplasticity because optimal pliability leads to positive change, new perceptions and self-reflective capacity.
· In this series, you will be guided to explore your higher purpose and deepen your relationship with God.

TOOLS AIDING THE COUNSELLING PROCESS
In the From Bitter-Stuckness to Personal Counselling Wisdomseries,you will receive the following:
· An infographic when you have registered and submitted your payment.
· Welcome letter with details of the sessions and your 6 coupon codes to enable you to book your sessions.
· Handouts, worksheets, self-assessment tools and notes to make your journey measurable and help you to make the most of every session.
FEES
The package fee is R 4200-
(Total value is R 6000-)

NOTES
We do not accept medical aids and do not make biomedical diagnoses. This means you can't claim refunds from medical aids or medical insurance.
Online registration via Aquilla Training’s platform.
Keep in mind when choosing a time to make an appointment Dr Louw is in South Africa and the time zone may differ from yours.
-
From Posttraumatic Embitterment To Wholeness In Healthcare
FOR EDUCATIONAL PURPOSES ONLY!
Chapter by Dr Barbara Louw 2018
Some of the most challenging aspects of ministry are the integrities of human suffering, illness, spirituality, and wholeness in dealing with people who need pastoral mediation and healthcare. Trauma and posttraumatic embitterment can be demystified in a manner that can make a positive difference to the quality of people’s lives. This unique perspective in dealing with victims, survivors and people who become more than conquerors cuts across the fields of crisis management, trauma relief facilitation and pastoral services, with reference to the role of people’s spiritual context in bitterness. Forgiveness and restoration of health are explored to understand the effects of discourses in a wholeness context. To achieve this, a posttraumatic wellness coaching model is utilised.
Link Download 20Louw -
Geloof vs Positiwiteit

Hallo Nadia
Vandag wil ek ‘n diep gesprek uit my hart met jou deel. Die naam Nadia beteken hoop en ek wil vandag met jou die oorsprong van hoop deel. Die oorsprong van hoop is geloof.
Dit het my opgeval dat wanneer ek praat oor geloof word elke gesprek geswaai na die positiwiteit. Positiwiteit is nogal ‘n gonswoord (“buzz word”) van die tyd, want mense praat van positiewe sielkunde en positiewe versterking in opvoedkunde. Die positiwiteitsbeweging gaan oor die ingesteldheid om optimisties te wees en nie negatief na die lewe te kyk nie. Dit is dus ‘n gebruik of lewensuitkyk waar jy doelbewus na die positiewe in elke situasie kyk. Dis ‘n pragtige idee, maar dit is nie geloof nie.
Wanneer ek van geloof praat is dit vir my daardie diep innerlike wete wat groter is as my twyfel, pyn of enige deurmekaar gedagtes. Dit is ‘n gevestigde geestelike wete wat groter is as my lewenshouding of menslike redenasies. In Hebreërs 11:1 lees ek: “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie”. Jesus het vir Thomas gesê: “Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo”.
Ek glo God is my Vader en my Saligmaker. Jesus het ook gesê: “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word”. Dit soveel meer as positiwiteit, want dit is vir my ‘n geloofsaak. ‘n Saak tussen my en God wat deur niks verander kan word nie.
Nadia, ek glo dat die Bybel God se Woord is. Ek lees in 1 Korintiërs 12 van die genadegawes van God wat geloof, genesing en wonders insluit (Lees asseblief die hele hoofstuk). Vandag kan ek sonder ‘n sweempie van twyfel vir jou vertel dat ek glo dat God wonderwerke doen en drome waar maak. Ek glo dat ek omvou is met God se genade. Geen diagnose van beroerte, kanker of enige ongesteldheid sal my laat twyfel in God se genesende krag nie, want ek glo Hy is my Geneesheer.
Geloof is dus ‘n baie persoonlike saak wat elkeen van ons met ons Skepper moet uit maak, voordat die lewe ons klap, in die middel van elke lewenstorm en wanneer ons wonder wat het ons getref. Die feit dat slegte dinge in die lewe gebeur is werklik en ‘n positiewe lewensuitkyk help ons om vinniger op te staan.
Ek sal elke dag waag om vaste vertroue in God se genade te hê, wat my in staat stel om in genade besluite te neem en liefde te leef. My geloof sê dat ek weet God is in staat om ver meer te doen as wat ek ooit kon dink.
Nadia, hou vas aan jou geloof!
As jy vuisvoos voel en uitgeput raak is jy welkom om ‘n afspraak te maak sodat ek jou kan help om jou kop weer op te tel. Ek is ‘n oproep ver. Jy kan self ‘n afspraak bespreek sonder enige derde party wat baie vrae vra deur na my webwerf te gaan vir aanlyn- en in-persoon-afsprake.
My kantoor sal oop wees gedurende die feestyd viraanlyn- en in-persoon-afsprake.
Groete tot volgende keer.
Dr Barbara

-
Genade soos Heuningblommetjies

Hallo Nadia
Wanneer ek aan jou dink onthou ek altyd dat jou naam hoop beteken. Daar was ‘n tyd wat ek langs jou gesit het en jou trane afgevee het en jy het opgestaan en weer begin lewe. Hoop, genade en geloof het my die afgelope jaar deurgedra.
Die jaar was so ‘n mengelmoes van verdwaasdheid, oorbluftheid en siek wees, gemeng met liefde en nogmaals genade. Dit is soos die plaat heuningblommetjies (“Sweet Alyssum flowers”) voor my venster. Ek het hulle gesaai omdat ek nie die krag gehad het om enigiets ander te daar te plant nie. Kort voor lank het die pragtigste klein plantjies met piepklein blommetjies verskyn. Hulle het droogte, stormweer, die onhandige tuinier en ons groot troeteldiere oorleef. Hulle wil floreer en hulle deel hulle delikate geur ten spyte van elke aanslag. Hulle wil leef.
Ek wil leef. Waarlik leef. Weet jy, die heuningblommetjies het nie net vanself gegroei nie. Hulle floreer as gevolg van my man se liefdevolle sorg en water gee. Die genade wat ek beleef het, het my herinner dat daar ook vir my iemand sal wees om my trane af te vee en vir my sal bid wanneer my woorde op raak. Wanneer ek die harde lewe in die gesig moes staar was dit die genade in die sagte woorde, en nog sagter oë, van my gesin wat my vasgehou.
Net soos die heuningblommetjies floreer ons op liefde. Ek weet dat ek floreer op God se liefde en dat my gesin se liefde my ‘n spesiale rede gee om elke oggend op te staan.
Die genade van God het my geleer dat Hy in beheer is van my lewe. Hy is net so teenwoordig in die dal van doodskaduwee as in die vreugde van ons huweliksdag. Die genade van die Here het mense in my lewe geplaas om die boodskap wat Hy in ons harte geplaas het verder te dra wanneer my stem moeg raak. Die genade van die Here het mense in ons lewens geplaas om ons in gebed te dra. Ons sal nooit in berou terugkyk na wat verby is nie, want ons sal die lieflike geur van die kennis van God deel. Vir ons is dit “'n reuk van die lewe tot die lewe” (2 Kor.2:14-16). Ek lewe!
Nadia, as jy voel die lewe raak te veel ten spyte van die vordering wat jy gemaak het, onthou daar is altyd iemand wat gewillig is om jou te help.
Dr Barbara Louw het3 uitnemende Persoonlike Beradingsreekse beskikbaar gestel.
Die reekse van 6 sessies elk is:
Trauma Agter die Rug Persoonlike Beradingsreeks 1
Tyd om Heel te Word Persoonlike Beradingsreeks 2
Skryf jou Pad na Heelwording Persoonlike Beradingsreeks 3

-
Get the most out of a counselling session

How to get the most out of a counselling session?
You’ve taken the step to schedule your first appointment with Dr Barbara Louw. You may be nervous or worried you might not know what to do when you get to her office or connect online.
You have all these thoughts running through your head like, “Will she judge me? Will she believe me? Can she understand my dilemmas? Will it help?” You consider postponing the appointment, but you’re in a crisis or trying to prevent more trauma.
-
Grense en mure

Hallo Nadia
Het jy agter gekom dat die seisoen is stadig besig om te verander. Dit word stadig maar seker koeler wanneer die son sak. Dit is amper soos die pyn wat in helpers se harte kan inkruip. Helpers kan die slagoffers word van die mense wat hulle help. Ondankbaarheid, geniepsigheid en vlymskerp tonge veroorsaak gapende wonde.
Ja, helpers kan onsigbare slagoffers word. Niemand sien die pyn. Niemand sien die opofferings wat hulle maak om ander se lewens makliker te maak nie. Geen opleiding kan ‘n mens voorberei op die seer deel van naastediens nie, want dit kom uit oorde wat jy dit die minste verwag.
Wanneer ek beraders oplei is dit nie in my hart om hulle te leer hoe om ‘n wrede, hartelose samelewing in die oë te kyk nie. Ek wil mense leer hoe om hul wêreld ‘n bietjie minder wreed en harteloos te maak.
Dit is nie jou taak om ander mense se verwagtinge te bestuur nie. Jy kan nie die dinge wat jare geneem het om uitmekaar te val in minute regmaak nie. Hulle verwagtinge gaan nie oor jou vermoë om te help nie, maar die vraag is eerder of daardie mens gereed om jou hulp te aanvaar.
Jy is verantwoordelik vir jou emosionele en geestelike welstand. Soms is dit nodig om grense in jou lewe te stel om emosionele afknouery en boeliegedrag te stop. Grense laat ruimte sodat ek vir jou kan omgee en terselfdertyd na my welstand kan omsien. Grense is die afstand wat ons tussen mekaar stel sodat elkeen selfstandige volwassenes kan wees.
Mure is solied en nie- deurdringbaar nie. Grense is nie mure nie. Waar daar grense is, is daar ruimte vir groei en genade. Daar is vyf soorte grense wat ‘n mens nodig het. Dit sluit grense op fisiese, emosionele, verstandelike (kognitiewe), kommunikasie en tyd vlakke in. Hier is voorbeelde:
- Neem ‘n tree terug, want iemand is te naby (fisiese grens).
- Nee, jy kan nie my motor vir ‘n naweek leen nie (fisiese grens).
- Dit is nie ‘n onderwerp wat ek nou wil bespreek nie (emosionele grens).
- Ek het baie hooi op my vurk en ek kan nie nou betrokke raak nie (emosionele grens).
- Dit is heeltemal in orde as jy nie met my saamstem nie (kognitiewe/emosionele grens).
- Dit is in orde om van mening te verskil maar dit is nie aanvaarbaar om onbeleef te wees nie (kognitiewe/emosionele grens).
- Dit is nie aanvaarbaar as jy op die manier met my praat nie (kommunikasie grens).
- Ek vra om verskoning vir die wyse waarop ek met jou gepraat het. Dit is nie reg nie (kommunikasie grens).
- Laat my asseblief in die toekoms weet as jy laat gaan wees (tydgrens).
- Ek kan net vir ‘n uur bly (tydgrens).
Wanneer jy grense stel moet jy spesifiek wees oor presies wat jy wil hê. Doen dit met rustige selfvertroue, sonder om bang te wees vir konflik. As daar weerstand is, kan jy ferm herhaal wat jy verwag. Wees rustig in die wete dat jy mense kan help sonder om in ongewensde verhoudinge te wees, sonder om geboelie of mishandel te word.
Ja, waar daar grense is, is daar inderdaad ruimte vir genade. Wat jy ook al vandag doen, doen dit uit die goedheid van jou hart, met jou hele hart. Daardie mens wat langs jou staan doen moontlik hul heel beste om nie uitmekaar te val nie.
Dankie vir jou diensbaarheid. As dit nie vandag vir jou hulp was nie, is daar iemand wat slegter af sou wees. As jy grense stel is daar altyd ruimte vir genade vir jouself ook. Dit maak nie saak hoe moeilik gister was nie, vandag is ‘n nuwe geleentheid om jou God-gegewe roeping uit te leef. Hou met altwee jou hande aan jou droom vas.
Nadia, as jy vind dat dit moeilik of selfs onmoontlik is om gesonde grense te stel kan ek jou help. Ek is ‘n oproep vêr. Jy kan enige tyd ‘n afspraak bespreek, sonder enige derde party wat baie vrae vra, deur na my webwerf te gaan vir aanlyn- en in-persoon-afsprake.
Hier is die potgooi van die boodskap- Die boodskap was op 26 Februarie 2022 uitgesaai op Jacques H Botes se program op PretoriaFM.
Groete tot volgende keer.
Dr Barbara
-
Hallo Nadia - Opsomming
https://www.facebook.com/HalloNadiaWebjoernaal/Die pragtig naam Nadia beteken ‘hoop’. Die weeklikse webjoernaal is vir die mens wat nooit as te nimmer as 'n slagoffer beskryf wil word nie, maar wie vashou aan hoop in die uitdagendste omstandighede.Die boek 'Hartswysheid en Kopkennis vir Vriende' omskryf die lewensuitkyk wat die basis van die kort webjoernaalartikels vorm.'Hallo Nadia' word geskryf vanuit 'n praktiese Christenperspektief. Dr Barbara is 'n veelsydige en kreatiewe 'deurbraak'-vennoot wat mense help om op 'n nuwe manier na die lewe te kyk. As ewige student, predikant, berader, lewensafrigter, outeur en kunstenaar gaan sy jou verras met die wyses waarop sy die misterie uit trauma, krisisse en heelwording haal.Maak aanlyn of in-persoon afspraak vanadag nog
-
Hartswysheid en Kopkennis - Afrikaanse Boek
Hartwysheid en kopkennis vir vriende - 'n gids tot floreer in die moeilikste oomblikke van die lewe
- Wysheid vir die lewe se keuses- Leer om logika en emosie in alledaagse besluite te balanseer met duidelike, praktiese leiding.
- Geloof en ervaring gekombineer –Wynand en Barbara Louw deel jare se bedieningsinsigte om jou te help om die lewe se uitdagings te navigeer.
- Oorkom uitbranding en selftwyfel –Herwin jou energie en doel met bewese selfhelpstrategieë en 'n unieke welstandsmodel.
- Hulpmiddels vir groei en aanmoediging -Neem aksie met selfevaluerings, refleksie-oefeninge en 'n lewensbevestigende kontrak.
- Krag vir veranderende tye -Vind hoop en veerkragtigheid deur geloofsgedrewe wysheid wat aangepas is vir vandag se wêreld.
'n Kragtige boek vir enigiemand wat op soek is na geloofsgedrewe wysheid, emosionele vernuwing en 'n padkaart na persoonlike transformasie.
ISBN 9781776260799Formaat: Sagtebandboek
R200.00 aflewering uitgesluit

Teken in op die skrywer se poslys vir eksklusiewe opdaterings, agter-die-skerms insigte, opkomende geleenthede en spesiale aanbiedinge.
-
Hello Nadia

'Hallo Nadia' is ‘n Afrikaanse webjoernaal deur Dr Barbara Louw.
Die pragtig naam Nadia beteken ‘hoop’. Die weeklikse webjoernaal is vir die mens wat nooit as te nimmer as 'n slagofferbeskryf wil wordnie, maar wie vashou aan hoop in die uitdagendste omstandighede.
Die boek 'Hartswysheid en Kopkennis vir Vriende' omskryf die lewensuitkyk wat die basis van die kort webjoernaalartikels vorm.
'Hallo Nadia' word geskryf vanuit 'n praktiese Christenperspektief. Dr Barbara is 'n veelsydige en kreatiewe 'deurbraak'-vennoot wat mense help om op 'n nuwe manier na die lewe te kyk. As ewige student, predikant, berader, lewensafrigter, outeur en kunstenaar gaan sy jou verras met die wyses waarop sy die misterie uit trauma, krisisse en heelwording haal.
Vir daaglikse bemoediging kan jy ook inskryf vir 'Vriende van Inter Trauma Nexus".
-
Hello Nadia Webjoernaal
Die pragtig naam Nadia beteken ‘hoop’. Die weeklikse webjoernaal is vir die mens wat nooit as te nimmer as 'n slagoffer beskryf wil word nie, maar wie vashou aan hoop in die uitdagendste omstandighede.Die boek 'Hartswysheid en Kopkennis vir Vriende' omskryf die lewensuitkyk wat die basis van die kort webjoernaalartikels vorm.'Hallo Nadia' word geskryf vanuit 'n praktiese Christenperspektief. Dr Barbara is 'n veelsydige en kreatiewe 'deurbraak'-vennoot wat mense help om op 'n nuwe manier na die lewe te kyk. As ewige student, predikant, berader, lewensafrigter, outeur en kunstenaar gaan sy jou verras met die wyses waarop sy die misterie uit trauma, krisisse en heelwording haal. -
Hoop en genesing

Hallo Nadia
Wat ʼn voorreg om vir jou hierdie briefie te kan skryf. Elke keer as ek aan jou dink, onthou ek dat jou naam hoop beteken. Hoop is een van die dinge in die lewe waaraan ek met albei hande vashou.
As dit rof gaan in ʼn mens se eie lewe is daar baie onrusbarende dinge wat ʼn mens raaksien. Dit is geen troos om die koerant op te tel of nuus te luister nie. Moord, politieke korrupsie, woordgevegte en stygende pryse dra nie by tot my siel se saligheid nie. -
Hoop in die koue van die winter

Hallo Nadia
Hoop in die koue van die winter
Die seisoene verander sonder om te vra of ons gereed is. Winter bring nie net koue na die wêreld buite nie, maar dikwels ook na die harte van mense wat sukkel. Vir diegene wat deur moeilike omstandighede gaan, kan die winter voel soos 'n lang, ongenaakbare reis. Maar te midde van die ysigheid is daar steeds hoop—'n vlam wat nooit heeltemal uitdoof nie.
Hoop is soos 'n lig in die duisternis. Dit herinner ons daaraan dat, selfs al is vandag moeilik, môre nuwe moontlikhede bring. In moeilike tye kan hoop kom in die vorm van 'n vriend wat luister, 'n gemeenskap wat saamstaan, of 'n innerlike stem wat sê: “Hou aan.”
Daar is krag in klein gebare—’n koppie warm tee, ’n glimlag van ’n vreemdeling, ’n bemoedigende woord. Hierdie momente, al lyk hulle klein, bou die fondament van uithouvermoë.
Maniere om hoop lewendig te hou:
- Soek opbouende gemeenskap: Wanneer die winterkoue jou probeer isoleer, maak ’n punt daarvan om aan te sluit by ander. ’n Eenvoudige gesprek kan ’n verskil maak.
- Koester die klein ligstrale: Skryf drie dinge neer waarvoor jy dankbaar is. ’n Oomblik van erkenning vir die mooi kan jou perspektief verander.
- Onthou die seisoene verander: Die winter mag koud wees, maar die lente kom altyd weer. Moeilike tye is nie permanent nie.
Jy is nie alleen nie!
As die swaarkry oorweldigend raak en die koue die hoop dreig te verdring, is daar mense wat wil help. Moenie skroom om ondersteuning te vra nie.
Hoop is nie net iets wat ons voel nie; dit is iets wat ons bou, oomblik vir oomblik. En selfs in die koudste winter is daar warmte te vind in mense, in gebare, in ’n eenvoudige herinnering dat jy nie alleen is nie.
As jy hulp nodig het, reik uit. Daar is ’n hand wat wag om jou vas te hou.
Groete
Dr Barbara


-
Hope Is Real

Hope is real, even in the presence of pain and uncertainty.
Amid daunting medical diagnoses, hope stands resolute, a beacon amid the storm. Though pain may linger, and uncertainty loom large, it's vital to grasp the glimmer of hope. It's a resilient force, reminding us of the possibility beyond the present struggle, and guiding us toward brighter days ahead.
So, let us walk this path together, knowing that amidst life's challenges, there is always room to bloom. Together, we can transform pain into resilience, darkness into light, and thorns into roses. Welcome to a space where your story is not just heard but cherished—a sanctuary where you can bloom, unapologetically, amidst the thorns.
Blessings
Dr Barbara Louw

Do you feel you need to talk to someone outside your home? Book a personal counselling session online or in person in Pretoria.
-
I am not broken; I am recovering

"I am not broken; I am recovering."
There's nothing quite as uplifting and beautiful as witnessing someone rediscover themselves. A medical diagnosis or procedure can leave you feeling utterly shattered and lost. The emotions are raw, and the challenges seem insurmountable. Coping with the news, medical uncertainties, symptoms, medication side effects, and invasive intrusions into your personal space—it's a heavy burden to bear.
Yet, amidst it all, you still have a choice. You can choose to tenderly nurture your heart. Yes, now is the time to establish healthy boundaries, allowing yourself the space to find balance and heal. Recovery is about prioritizing your well-being, one moment at a time. It's a gradual journey, filled with small steps and daily commitments until you find the strength to extend that care into each passing hour, each new day.
On those tough days, remember, the sun will rise again tomorrow. If I could, I'd gift you sunshine and stardust to brighten your path. For now, I'll offer my prayers—prayers for your renewed wholeness and wellness as you navigate this season of vulnerability and fragility.
You are not broken; you are brave. Stronger than you ever imagined.
We are Breakthrough Champions - Empowering your journey - Celebrating your victory!
Blessings
Dr Barbara Louw
Personal Counselling Appointments: In-person andOnline.
-
I Am Your Breakthrough Champion

I am your breakthrough champion who demystifies trauma and crises because life is about more than solving problems. Life is a journey with many ups and downs as well as detours and exit roads.
Going for counselling can be an unnerving prospect in any situation where you haven’t defined your problem in your own words. The first question you can ask yourself is might I benefit from trying counselling? The answer is an unequivocal YES if you are experiencing one or more of the following awareness:
- The constant feeling of being overwhelmed
- You can’t seem to stop making self-defeating choices
- You might be stuck in a frustrating rut
- You are caught in a place where nothing you’ve done before seems to have helped
- You feel like nobody understands
- You are riding an emotional rollercoaster
- You crave a new perspective
-
Jou waarde ken geen prysetiket nie

Hallo Nadia
Ons leef in ‘n vreemde tyd waar almal stoei met ekonimiese en gesondheidsvraagstukke. Een van die maniere wat mense gebruik om hul leefwêreld “normaal” en voorspelbaar te maak is om ‘n etiket om al wat leef en beef te hang. Dit is ‘n kortpad manier van dink wat gebruik word om mense se lewens en belewenisse te probeer orden. Alles van voorkeur klere en persoonlikhede tot kommunikasiestyle te klassifiseer en in “boksies” geforseer.
Ai, as ons tog net na mekaar wil luister en die stemme van mekaar se harte wil hoor. Hartsboodskappe het ook geen prysetiket nie,
-
Jy mag “nee” sê

Hallo Nadia
Soms droom ʼn mens van ʼn lewe vry van die malle gejaag van die stadslewe en verpligtinge wat geen einde het nie.
As jy dan die geleentheid het om vir ʼn oomblik stil te sit, al is dit by die rooi verkeerslig, besef jy dat jy nie eers weet hoe die sogenaamde verpligting op jou skouers beland het nie.
Op daardie oomblik besef jy dat jy alewig instem om goed te doen, sonder om eers na te dink oor die implikasies daarvan.
Page 3 of 6

