Dr Barbara Louw
In Person

In Person

Book Now

Online

Online

Book Now

In Persoon

In Persoon

Bespreek Nou

Aanlyn

Aanlyn

Bespreek Nou

My Breakthrough Brochure

Open

Afrikaans

  • Grense en mure

    Hallo Nadia

    Het jy agter gekom dat die seisoen is stadig besig om te verander. Dit word stadig maar seker koeler wanneer die son sak. Dit is amper soos die pyn wat in helpers se harte kan inkruip. Helpers kan die slagoffers word van die mense wat hulle help. Ondankbaarheid, geniepsigheid en vlymskerp tonge veroorsaak gapende wonde.

    Ja, helpers kan onsigbare slagoffers word. Niemand sien die pyn. Niemand sien die opofferings wat hulle maak om ander se lewens makliker te maak nie. Geen opleiding kan ‘n mens voorberei op die seer deel van naastediens nie, want dit kom uit oorde wat jy dit die minste verwag.

    Wanneer ek beraders oplei is dit nie in my hart om hulle te leer hoe om ‘n wrede, hartelose samelewing in die oë te kyk nie. Ek wil mense leer hoe om hul wêreld ‘n bietjie minder wreed en harteloos te maak.

    Dit is nie jou taak om ander mense se verwagtinge te bestuur nie. Jy kan nie die dinge wat jare geneem het om uitmekaar te val in minute regmaak nie. Hulle verwagtinge gaan nie oor jou vermoë om te help nie, maar die vraag is eerder of daardie mens gereed om jou hulp te aanvaar.

    Jy is verantwoordelik vir jou emosionele en geestelike welstand. Soms is dit nodig om grense in jou lewe te stel om emosionele afknouery en boeliegedrag te stop. Grense laat ruimte sodat ek vir jou kan omgee en terselfdertyd na my welstand kan omsien. Grense is die afstand wat ons tussen mekaar stel sodat elkeen selfstandige volwassenes kan wees.

    Mure is solied en nie- deurdringbaar nie. Grense is nie mure nie. Waar daar grense is, is daar ruimte vir groei en genade. Daar is vyf soorte grense wat ‘n mens nodig het. Dit sluit grense op fisiese, emosionele, verstandelike (kognitiewe), kommunikasie en tyd vlakke in. Hier is voorbeelde:

    • Neem ‘n tree terug, want iemand is te naby (fisiese grens).
    • Nee, jy kan nie my motor vir ‘n naweek leen nie (fisiese grens).
    • Dit is nie ‘n onderwerp wat ek nou wil bespreek nie (emosionele grens).
    • Ek het baie hooi op my vurk en ek kan nie nou betrokke raak nie (emosionele grens).
    • Dit is heeltemal in orde as jy nie met my saamstem nie (kognitiewe/emosionele grens).
    • Dit is in orde om van mening te verskil maar dit is nie aanvaarbaar om onbeleef te wees nie (kognitiewe/emosionele grens).
    • Dit is nie aanvaarbaar as jy op die manier met my praat nie (kommunikasie grens).
    • Ek vra om verskoning vir die wyse waarop ek met jou gepraat het. Dit is nie reg nie (kommunikasie grens).
    • Laat my asseblief in die toekoms weet as jy laat gaan wees (tydgrens).
    • Ek kan net vir ‘n uur bly (tydgrens).

    Wanneer jy grense stel moet jy spesifiek wees oor presies wat jy wil hê. Doen dit met rustige selfvertroue, sonder om bang te wees vir konflik. As daar weerstand is, kan jy ferm herhaal wat jy verwag. Wees rustig in die wete dat jy mense kan help sonder om in ongewensde verhoudinge te wees, sonder om geboelie of mishandel te word.

    Ja, waar daar grense is, is daar inderdaad ruimte vir genade. Wat jy ook al vandag doen, doen dit uit die goedheid van jou hart, met jou hele hart. Daardie mens wat langs jou staan doen moontlik hul heel beste om nie uitmekaar te val nie.

    Dankie vir jou diensbaarheid. As dit nie vandag vir jou hulp was nie, is daar iemand wat slegter af sou wees. As jy grense stel is daar altyd ruimte vir genade vir jouself ook. Dit maak nie saak hoe moeilik gister was nie, vandag is ‘n nuwe geleentheid om jou God-gegewe roeping uit te leef. Hou met altwee jou hande aan jou droom vas.

    Nadia, as jy vind dat dit moeilik of selfs onmoontlik is om gesonde grense te stel kan ek jou help. Ek is ‘n oproep vêr. Jy kan enige tyd ‘n afspraak bespreek, sonder enige derde party wat baie vrae vra, deur na my webwerf te gaan vir aanlyn- en in-persoon-afsprake.

    Hier is die potgooi van die boodskap- Die boodskap was op 26 Februarie 2022 uitgesaai op Jacques H Botes se program op PretoriaFM.

    Groete tot volgende keer.

    Dr Barbara

     

     

     

     

     

     

     

                    

     

  • Hallo Nadia - Opsomming

    https://www.facebook.com/HalloNadiaWebjoernaal/Die pragtig naam Nadia beteken hoop. Die weeklikse webjoernaal is vir die mens wat nooit as te nimmer as 'n slagoffer beskryf wil word nie, maar wie vashou aan hoop in die uitdagendste omstandighede.
     
    Die boek 'Hartswysheid en Kopkennis vir Vriende' omskryf die lewensuitkyk wat die basis van die kort webjoernaalartikels vorm.
     
    'Hallo Nadia' word geskryf vanuit 'n praktiese Christenperspektief. Dr Barbara is 'n veelsydige en kreatiewe 'deurbraak'-vennoot wat mense help om op 'n nuwe manier na die lewe te kyk. As ewige student, predikant, berader, lewensafrigter, outeur en kunstenaar gaan sy jou verras met die wyses waarop sy die misterie uit trauma, krisisse en heelwording haal.
     

     

     Maak aanlyn of in-persoon afspraak vanadag nog

     

     

     

     

     

  • Hartswysheid en Kopkennis - Afrikaanse Boek

    Hartwysheid en kopkennis vir vriende - 'n gids tot floreer in die moeilikste oomblikke van die lewe

    • Wysheid vir die lewe se keuses- Leer om logika en emosie in alledaagse besluite te balanseer met duidelike, praktiese leiding.
    • Geloof en ervaring gekombineer –Wynand en Barbara Louw deel jare se bedieningsinsigte om jou te help om die lewe se uitdagings te navigeer.
    • Oorkom uitbranding en selftwyfel –Herwin jou energie en doel met bewese selfhelpstrategieë en 'n unieke welstandsmodel.
    • Hulpmiddels vir groei en aanmoediging -Neem aksie met selfevaluerings, refleksie-oefeninge en 'n lewensbevestigende kontrak.
    • Krag vir veranderende tye -Vind hoop en veerkragtigheid deur geloofsgedrewe wysheid wat aangepas is vir vandag se wêreld.

    'n Kragtige boek vir enigiemand wat op soek is na geloofsgedrewe wysheid, emosionele vernuwing en 'n padkaart na persoonlike transformasie.

    ISBN 9781776260799Formaat: Sagtebandboek

    R200.00 aflewering uitgesluit

     

    Teken in op die skrywer se poslys vir eksklusiewe opdaterings, agter-die-skerms insigte, opkomende geleenthede en spesiale aanbiedinge.

    Dr Barbara's Bulletin

     

     

     

  • Hello Nadia Webjoernaal

    Die pragtig naam Nadia beteken ‘hoop’. Die weeklikse webjoernaal is vir die mens wat nooit as te nimmer as 'n slagoffer beskryf wil word nie, maar wie vashou aan hoop in die uitdagendste omstandighede.
     
    Die boek 'Hartswysheid en Kopkennis vir Vriende' omskryf die lewensuitkyk wat die basis van die kort webjoernaalartikels vorm.
     
    'Hallo Nadia' word geskryf vanuit 'n praktiese Christenperspektief. Dr Barbara is 'n veelsydige en kreatiewe 'deurbraak'-vennoot wat mense help om op 'n nuwe manier na die lewe te kyk. As ewige student, predikant, berader, lewensafrigter, outeur en kunstenaar gaan sy jou verras met die wyses waarop sy die misterie uit trauma, krisisse en heelwording haal.
  • Jou waarde ken geen prysetiket nie

     

    Hallo Nadia

    Ons leef in ‘n vreemde tyd waar almal stoei met ekonimiese en gesondheidsvraagstukke. Een van die maniere wat mense gebruik om hul leefwêreld “normaal” en voorspelbaar te maak is om ‘n etiket om al wat leef en beef te hang. Dit is ‘n kortpad manier van dink wat gebruik word om mense se lewens en belewenisse te probeer orden. Alles van voorkeur klere en persoonlikhede tot kommunikasiestyle te klassifiseer en in “boksies” geforseer.

    Ai, as ons tog net na mekaar wil luister en die stemme van mekaar se harte wil hoor. Hartsboodskappe het ook geen prysetiket nie,

  • Keuses, keuses...

    Keuses, keuses…

    Hallo Nadia

    Hier in Pretoria het ons weer van winter na somer gespring. Dit lyk of lente oorgeslaan is.

    Is daar dae wat dit vir jou voel asof dit moeite is om keuses te maak? Om aan te pas tussen die reëls rondom die verskillende vlakke van die COVID-19-inperkinge en om ‘n vlak van voorspelbaarheid in die lewe te ontdek moes ‘n mens vreeslik baie keuses maak.

  • Krimpvarkie en papegaai sonder sorge

    Hallo Nadia

    Vandag is een van daardie warboel dae in my kantoor. Goeie geleenthede, slegte nuus, trane, blydskap en hartseer deurmekaar. Gelukkig kan ek ‘n blaaskans vat en vir jou skryf.

    Te midde van my passie om mense te help om trauma agter die rug te kry, weet ek dat ek geseënd is om baie ander rolle te vervul. Ek is ʼn vrou, ʼn mamma, ʼn professionale berader en supervisor, ʼn krimpvarkie se bron van voedsel en ʼn papegaai se waterdraer. Al die verskillende rolle is wat my help om balans te hou en ʼn groter prentjie te sien.

  • Mediese Trauma In ‘n Neutedop

    Mediese Trauma In ‘n Neutedop

    Mediese traumatiese stres omvat 'n spektrum van sielkundige en fisiese reaksies wat deur pasiënte en hul geliefdes ervaar word in reaksie op pyn, besering, ernstige siekte, mediese prosedures en ontstellende behandelingafsprake. Dit is ‘n diep persoonlike storm wat ontvou, wat 'n stortvloed van komplekse negatiewe emosies en fisiologiese reaksies veroorsaak.

    Die simptome van mediese trauma kan in verskillende vorme en intensiteitsgrade manifesteer, insluitend:

    - 'n Vrees vir mediese omgewings of personeel

    - Fisiese ongemak soos pyn, sweet of naarheid

    - Aanhoudende negatiewe gedagtes wat om die traumatiese ervaring wentel

    - Emosionele losmaking en vermyding van sekere situasies

    - Gevoelens van opgewondenheid, woede, angs, depressie of tranerig

    - 'n Deurlopende gevoel van hulpeloosheid en onsigbaarheid

    Hierdie reaksies kan spruit uit die oorweldigende spanning wat 'n ontstellende diagnose, ingrypende prosedure of intense behandeling. Ons gejaagde lewenstyl vererger dikwels die probleem, want daar is te min tyd laat vir behoorlike emosionele verwerking en fisiese herstelproses.

    Ek verstaan​​dat elke pasiënt se diepste vrese om minder soos ‘n ‘mens’ te voel en beheer te verloor. In my beradingspraktyk bied ek 'n veilige hawe vir jou om jou ervarings, gevoelens en bekommernisse openlik te deel. Hier is geen vooropgestelde agends nie, en daar is ook geen rigiede verwagtinge of spertye wat jou genesingsreis dikteer nie.

    Wanneer ek mediese trauma verduidelik, is ek dankbaar vir al die wonderlike mediese personeel en versorgers wat optree om pasiënte in hierdie pynlike omstandighede by te staan. Hierdie helpers is soos engele wat probeer om die beste van hul vermoëns sin maak uit fisiese simptome, woorde en visuele tekens. Hulle is die mense wat instap wanneer ander eerder wil wegkruip of uitstap. Mediese personeel ly dikwels aan plaasvervangende trauma (vicarious trauma)  omdat hulle ook gewone mense is.

    Kom ons​​ werk daaraan om jou emosionele las te verlig deur oorvloed van gevoelens te bespreek en te leer om die onvermydelike eb en vloed van gedagtes te hanteer. Ons ontgin ook die oorweldigende verwagtinge en lastige etikette wat, sonder jou toestemming, op jou gelaai word. Saam vind ons maniere om jou bemagtig om jou storie en die gevoel van ‘behoort’ te herwin.

    So, kom ons stap hierdie pad saam, met die wete dat daar te midde van die lewe se uitdagings altyd plek is om te blom. Saam kan ons pyn omskep in veerkragtigheid, duisternis in lig, en dorings in rose. Welkom by 'n plek waar jou storie nie net gehoor word nie, maar gekoester word - 'n heiligdom waar jy uitbundig tussen die dorings kan blom.

    Seëninge

    Dr Barbara Louw

    Maak vandag 'n afspraak – aanlynof persoonlik.

    Versoek daaglikse inspirasie

    This Article is available in English in theIn My Rose Garden Blog.: Medical Trauma - An Introduction Article

     

  • My Practice and Services

    "Breakthrough Champions: Your Wellness, Your Victory, Our Commitment" encapsulates our dedication to aiding individuals in overcoming trauma and achieving personal growth. With over 30 years of devoted study and research, I am deeply passionate about delivering exceptional care to my clients while actively contributing to the community and my private practice.

    Within my practice, I offer tailored services to address various needs, whether it's supporting individuals in navigating personal struggles or providing coaching for transformative well-being. Additionally, I provide specialized services for the corporate environment, assisting employers, business owners, and employees in trauma relief.

    Within my clientele, there are typically three distinct groups seeking swift assistance in overcoming trauma. The first group need prompt assistance with a recent painful situation. The second group comprises individuals longing for breakthroughs following adverse life experiences, including trauma, dashed dreams, and untapped potential. Some may be grappling with spiritual anguish or navigating life-altering medical diagnoses and procedures. The third group seeks personalized yet structured programs to confront specific life challenges, equipping them with the necessary tools and skills to maintain their breakthroughs and embrace their victories along their journey.

    My proven methods yield extraordinary results in a short time, fostering irreversible growth towards wellness. No matter the size of the challenge you face, I am here to provide solution-focused guidance, paying close attention to your unique story. Our therapeutic relationship unfolds in real-time conversations, allowing for immediate care when unhealed wounds surface.

    Rest assured, your story is not burdensome to me. Throughout my career, I've guided individuals through trauma, historical pain, and challenging realities with utmost respect and dignity. Services offered encompass various levels of support, including counselling, therapy, coaching, and supervision.

     

    To ensure a seamless experience, appointments are scheduled 24/7 through Aquilla Wellness Solutions, our secure electronic practice management system. You have the flexibility to choose an online or in-person appointment at a time convenient for you, and complete payment, and necessary forms before your session.

    Before we embark on your journey, we establish a clear agreement to align with your needs, background, and desired outcomes. Transparency is paramount, as you receive comprehensive information regarding fees, session length, and my professional registrations. This commitment to clarity fosters a therapeutic relationship built on trust and professionalism.

    The bouquet of services includes:

      • Face-to-Face Counselling
      • Online Counselling
      • 3 x English Counselling Series of 6 sessions in 6 weeks (online or in-person) 
        • Trauma Breakthrough
        • Trauma Recovery and Wellness
        • From Bitter-"stuckness" to Wisdom
      • 3 x Afrikaanse Beradingsreekse van 6 sessies in 6 week (aanlyn of persoonlik)
        • Trauma Agter die Rug
        • Tyd om Heel te Word
        • Skryf Jou Pad Na Heelwording
      • Bi-weekly Therapeutic Support Group (online)
      • A Self-Assessment Quizto assess whether you will benefit from participating in the Counselling I offer.

    Training is categorized into two streams: personal development and growth through Aquilla Training, and more structured instruction via the Kalio Training Institute. Online workshops and counselling training offered through these platforms have been successfully met.

    The formal training aims to equip individuals to support others within their respective spheres, be it the community, religious congregations, workplaces, or counselling settings, utilizing the models developed during my extensive studies. This encompasses comprehensive training in the Wholistic Wellness Coaching Model, Pastoral Victim Empowerment Model, and Christian Pastoral Counseling.

    My husband and I are deeply committed to community engagement, demonstrated through our involvement with Inter Trauma Nexus and the Association for Christian Ministries. We provide victim empowerment, ministry support, and training opportunities. You're encouraged to subscribe to our complimentary electronic newsletters, available in  English as Friends of Inter Trauma Nexus and in Afrikaans as Vriende van Inter Trauma Nexus.

    On our website, you'll find links to our social media platforms, where you can stay connected for regular updates on training programs, news, and words of encouragement. Feel free to join us in this online community.

    Please note that I do not share my client's information with external researchers; students or any other third party.

    There are fees payable for different services and training.

     

     

     

     

  • Navigeer Jou Lewensreis Met 'n Doel

    Navigeer die lewensreis met 'n doel

    Hallo Nadia

    Ons het almal die gesegde gehoor: "tDie tyd vlieg as jy pret het Maar wat as ek vir jou sê dat jy nie net 'n passasier is op hierdie vinnige reis wat die lewe genoem word nie? Jy is die vlieënier—die een in beheer van jou keuses en bestemmings. Jou lewensingesteldheid ingesteldheid bemagtig jou om die koers na 'n meer doelgerigte en vervullende lewe te bepaal.

    Stel jou voor dat jy in die stuurkajuit van 'n vliegtuig sit, hande op die kontroles, gereed om te vlieg. Net soos 'n vlieënier deur die lug navigeer, het jy die krag om jou lewe te stuur in die rigting wat jy kies. Elke besluit wat jy neem, hetsy groot of klein, vorm die trajek van jou reis. Daar is oneindige moontlikhede waaruit jy kan kies. Jy kan drome en jou drome laat lewe kry.

    Met groot krag kom groot verantwoordelikheid. Om te erken dat jy die vlieënier van jou keuses is, beteken om aanspreeklikheid te aanvaar vir die rigting van jou lewe. In plaas daarvan om deur eksterne kragte of omstandighede meegesleur te word, neem jy eienaarskap van jou besluite en die gevolge daarvan. Eienaarskap van jou beteken jy gaan oor tot aksie en doen wat nodig is om te doen. Jy het ook nodig om jou aksies konstant te volhou. As vlieënier kan jy nie lui en passief raak nie.

    Die lewensreis is egter selde seepglad. Storms kan opduik, en onstuimigheid kan jou van koers af ruk, maar onthou—jy is die vlieënier. In die aangesig van traumatiese teëspoed, ontgin jou veerkragtigheid en aanpasbaarheid. Pas jou koers aan soos wanneer nodig, maar verloor nooit jou bestemming uit die oog nie. 

     As die vlieënier van jou keuses, is dit van kardinale belang om 'n duidelike bestemming in gedagte te hê. Wat is jou doel? Wat bring betekenis en vervulling in jou lewe? Neem die tyd om oor hierdie vrae te na te dink en stel jou koers daarvolgens in. Belyn jou keuses met jou waardes en aspirasies, en laat hulle jou lei na die gewenste bestemming. Neem tyd om al die vrae op papier te beantwoord. Elke vlieënier het ‘n tasbare vlugplan.

    Die lewe gaan oor meer as die bereiking van die bestemming – dit gaan oor die reis self en jou reisgenote. Omhels elke oomblik, geniet die ervarings en lesse langs die pad. Vier die oorwinnings, leer uit die uitdagings en waardeer die skoonheid van die vlug. Geniet elke oomblik van jou godgegewe passie.

    Terwyl jy deur die lewe se lug navigeer, onthou dat jy nie net 'n passasier is nie - jy is die vlieënier. Gryp die kontroles aan, aanvaar die verantwoordelikheid en bepaal 'n koers na doel en vervulling. Tyd kan vlieg, maar met jou aan die stuur, word elke oomblik 'n geleentheid om te hoop, te droom en uit te styg.

    Kyk gerus na my reeks van 6 persoonlike beradingsessie genaamd “Skryf Jou Reis Na Heelwording”.Die reeks is in die eerste plek ‘n Beradingsreeks en die skryfproses is jou gereedskap, want die skryfproses kan 'n kragtige manier wees om jou te help om te genees. Die skryf van 'n joernaal mense kan help om 'n beter begrip van hulself, hul verhoudings en die wêreld rondom hulle te ontwikkel, asook om vaardighede van probleemoplossing, besluitneming en beplanning te verbeter. Elke sessie word ingelig deur jou unieke storie en situasie. Jy sal vinnige en meetbare resultate tydens elke sessie kan ervaar.

    Ek sien uit daarna om spoedig van jou te hoor.

    Mag die vrede van die Here met jou wees.

    Groete

    Dr Barbara

  • Roomys smelt as jy wegkyk!

     

     

    Hallo Nadia

    Vandag wil ek jou herinner dat jy geseënd is. Soms is die lewe vol ontstuimigheid en verwoestende storms. Omstandighede kan so oorweldigend wees dat ‘n mens bang raak as jy aan die toekoms dink.

  • Stop die storm

    Hallo Nadia - Stop die strom

    Hallo Nadia

    As die lewe se storms aankom het jy geloof, hoop en gesonde verstand nodig.

    As ‘n pastorale berader help ek mense om deur die nagevolge van lewenstorms te werk. Gelukkige ontwikkel nie alle mense wat deur trauma gaan posttraumatiese spanningsversteuring of PTSD nie. Genadiglik is mense meer veerkragtig as wat ons hulle voor krediet gee.

    Ons veerkragtigheid word soms beproef as die lewenstorms van verskillende kante af op ons neerreën.

    Vandag wil ek net sê: Stop die storm. Stop die storm in jou lewe.

  • The therapeutic value of art and play

    People need ways to express themselves freely and spontaneously, without the anxiety of being analysed.

    Children learn naturally and most effectively through play.

    The therapeutic value of art and play” is my latest online workshop for teachers, parents, counsellors and people who enjoyed being kids. We look at the value of spontaneous play and art-making, as well as the value of folk art in our communities. This workshop will give you a new perspective on how valuable art, craft and play can be without burdening anyone for an artificial outcome. We explore spontaneous art and natural play; handicraft; folk art and culture as tools of self-expression and creativity, leading to healing, learning and wholesome pleasure.

    This online workshop will also be presented in English and Afrikaans on Aquilla Training’s website, in collaboration with Inter Trauma Nexus and Aquilla Wellness Solutions. You can enrol for the workshop at your convenience and complete the workshop in your own time.

    Price R 400-.  Length 5-6 hours. Due to the COVID-19 lockdown, the CPD/CPTD points are negotiated, but still pending.

    Aquilla Training’s online workshop library is growing at a steady rate, as we add at least two online workshops per month. We help you to stay up-to-date which gives you the confidence of knowing you are working with best practices. 

  • Toe kom die wiele af

    Hallo Nadia

    In die vorige webjoernaal het ek vir jou geskryf dat daar tussen die beurtkragsessies soms ‘n kansie vir ‘n koppie koffie is saam met my dogter. Nou met ek egter erken dat dinge sedertdien erg ontwrig geraak het.

  • Trauma Agter die Rug Persoonlike Beradingsreeks 1

    Trauma Agter die Rug Persoonlike Beradingsreeks 1

     Jy sal baat vind by Dr Barbara Louw se Trauma Agte die Rug Persoonlike Beradingsreeksas jy in pynlike situasies was wat jou oorweldig en getraumatiseerd laat voel het. Jy weet dat jy uniek is, en jy wil nie ‘handboek’-antwoorde hê nie, maar jy het iemand nodig om na jou storie te luister terwyl jy veilig en bemagtig voel. Jy benodig vinnige optimale, blywende resultate.

    Traumatiese situasies kan fisiese, emosionele of geestelike wonde wees wat jou keer om goed en lewendig te voel. Dit sluit rooftogte, aanvalle, seksuele skendings, verkragting, miskraam, swak gesinsverhoudings, geestelike mishandeling en afknouery in.

    Die Trauma Agter die Rug Persoonlike Beradingsreeksbestaan uit 6 individuele sessies in 6 weke.

    AANVANKLIKE PROSES 

    Alle deelnemers moet internettoegang hê vir registrasie en toegang tot die dokumente wat elke week verskaf sal word.

    Potensiële deelnemers kan 'n aanlynvraelys (Self-assessment Quiz) oor jou genesingspersona, in Engels, voltooi om te bepaal of hulle hou van die onderliggende beginsels van die berading wat deur Dr Barbara Louwaangebied word.

    Nadat jy die aanlynvraelys voltooi en die beste Persoonlike Beradingsreeks vir jou gekies het, kan jy ’n aanvanklike telefoongesprek van 15 minute met haar aanvra om te bevestig of julle sal kan saamwerk.

    VOORDELE

    Die Trauma Agter die Rug-reeks Persoonlike Beradingsreeks is meer as 'n bloudruk, want Dr Barbara Louw se Wholistiese Welstandmodel is al meer as 20+ jaar beproef en getoets. Die model bied lewensveranderende toepassings van lewenslange voordele.

    Elke sessie word ingelig deur jou unieke storie en situasie. Jy sal vinnige en meetbare resultate tydens elke sessie kan ervaar, asook deurlopende verandering tussen sessies.

    Sessies is vertroulik en daar sal geen groepwerk wees nie.

    Die Trauma Agter die Rug Persoonlike Beradingsreeks is so gestruktureer dat jy veilig kan voel omdat jy weet wat om te verwag in elke sessie. Jy sal genoeg tyd hê om te kies wat om te deel en hoe jy jou gedagtes in woorde wil formuleer.

    Dr Barbara werk teen jou pas om te verseker dat julle nie oorweldig voel in julle sessies saam nie. Ons doen Christelike Pastorale berading wat fokus op oplossings vir jou uitdagings en vaardighede om jou te bemagtig om genesing te laat voortduur lank nadat die sessies geëindig het.

    Nadat jy die Trauma Agter die Rug Persoonlike Beradingsreeks voltooi het, sal jy 'n sertifikaat ontvang om jou reis te vier.

    ONDERWERPE

    Die hoofopskrifte van die reeks is:

    1.     Van trauma tot oorlewing

    2.     Trauma in my gebeentes

    3.     Trauma in my hart en kop

    4.     Lappies chaos wat oorbly

    5.     My genesingsreis

    6.     Die grootste deurbraak

    UITKOMSTE EN RESULTATE

    Aan die einde van die Trauma Agter die Rug Persoonlike Beradingsreeks:

    ·       Jy sal spanning, trauma en jou pyn in 'n nuwe lig verstaan.

    ·       Jy sal die trauma op die regte manier kan hanteer, want jy herken wat in jou liggaam, gees en gees gebeur.

    ·       Jy sal veilig genoeg voel om verby blote oorlewing te beweeg en te groei.

    ·       Die nuwe vaardighede sal jou help om stres, angs en skaamte doeltreffend te hanteer omdat jy meer oop, kalm en gesonder voel.

    ·       Jy sal minder oorweldig wees en ’n groter gevoel van veiligheid hê omdat jou storie geldig is.

    ·       Jy sal die trauma agter jou kan sit omdat jy op reis is om veerkragtig en gesond te wees.

    ·       Jy sal groter vrede in jou verhouding met God vind as jy na welstand groei.

     

     

    MATERIAAL TER ONDERSTEUNING

     

    In die Trauma Agter die Rug Persoonlike Beradingsreeks, sal jy die volgende ontvang:

    ·       'n Diagram met die reeks se raamwerk, wanneer jy geregistreer het en jou betaling ingedien het.

    ·       Verwelkomingsbrief met besonderhede van die sessies en jou 6 koeponkodes wat jou in staat sal stel om jou sessies te bespreek.

    ·       Uitdeelstukke, kleurvolle poskaarte om jou aan te moedig as ook notas om jou reis meetbaar te maak en jou te help om die meeste uit elke sessie te put.

    PAKKETFOOI

    Die pakketfooi is R4200- vir 6 sessies in 6 weke.

    (Totale waarde is R 6000-)

    BELANGRIKE NOTAS

    Ons aanvaar nie mediese fondse nie en maak nie biomediese diagnoses nie. Dit beteken jy kan nie terugbetalings van mediese fondse of mediese versekering eis nie.

    Hou in gedagte wanneer jy ‘n tyd kies om ‘n bespreking maak Dr Barbara Louw is in Suid-Afrika en die tydsone kan verskil van joune.

    Daar is verskille tussen die onderskeie Persoonlike Beradingsreekse in Engels en Afrikaans wat via Aquilla Training se platform aangebied word.

     

  • Tyd genees nie

    Hallo Nadia

    As ek een ding uit die COVID-19 pandemie geleer het, is dit dat tyd nie genees nie.

    Daar is soveel keer in ons lewens dat ons voel asof die lewe uitmekaar val. Verhoudings verbrokkel, besighede sukkel en dit lyk asof alles in die huis net uitmekaar val. Oor die algemeen bly jy besig om alles bymekaar te hou. As daar 'n oomblik is om stil te sit, vrees jy dat jy in die pyn verval. Hoe ver val jy?

  • Tyd om Heel te Word - Afrikaanse Boek

     

     

     

     

     

     

     

    Tyd om Heel te Word - Herwin jou lewe, een oomblik op 'n slag

    Voel jy ooit dat die tyd weggeglip het - asof jy nooit sal inhaal nie? Die gewig van die verlede. Die gejaag van die hede. Die onsekerheid van die toekoms. Dit is tyd om los te breek. Jy hoef nie vasgevang te bly nie. Jou tyd is nou.

    Dr Barbara Louw se kragtige boek lei jou om jou tyd te herwin, jou energie te herstel en heelheid te omhels. Met wysheid en warmte openbaar sy hoe om te genees, te groei en werklik te lewe.

    • Hoe om verlore tyd in 'n nuwe begin te verander
    • Die geheime om wys te saai en ten volle te maai
    • Waarom rus nie 'n luukse is nie, maar 'n noodsaaklikheid
    • Die krag van tydsberekening in genesing en transformasie
    • Praktiese stappe om goed te lewe—liggaam, gees en gees.

    Jy hoef nie vasgevang te bly nie. Jou tyd is nou.

    ISBN 9781928434771Formaat: Sagtebandboek

     

    'n Video-oorsig oor Tyd om Heel te Word

    R200.00 aflewering uitgesluit

     

    Teken in op die skrywer se poslys vir eksklusiewe opdaterings, agter-die-skerms insigte, opkomende geleenthede en spesiale aanbiedinge.

    Dr Barbara's Bulletin

  • Tyd om Heel te Word Persoonlike Beradingsreeks 2

    Tyd om Heel te Word Persoonlike Beradingsreeks en die moontlikheid van genesing gaan hand aan hand. Jy is geskape om gesond en heel te wees.

    Dr Barbara Louw se Tyd om Heel te Word Persoonlike Beradingsreeks sal jou help om verby die bewerige oorlewingsgevoel te beweeg en die gevoel van oorweldiging af te skud deur die siklus van disfunksionele denke te breek. Ons hanteer die wortel van jou pyn en lydingherinneringe sodat jou nuwe lewensverhaal te skep.

    In hierdie reeks hanteer jy probleme op die beste wyse om jou in staat te stel om beter lewenskeuses te kan maak sodat jy ’n gebalanseerde, vervulde lewe te geniet. Elke stap dra by tot wat in jou beste belang is sodat jy gesond en heel kan wees.

    Die Trauma Agter die Rug Persoonlike Beradingsreeks bestaan uit 6 individuele sessies in 6 weke.

    AANVANKLIKE PROSES 

    Alle deelnemers moet internettoegang hê vir registrasie en toegang tot die dokumente wat elke week verskaf sal word.

    Potensiële deelnemers kan 'n aanlynvraelys (Self-assessment Quiz) oor jou genesingspersona, in Engels, voltooi om te bepaal of hulle hou van die onderliggende beginsels van die berading wat deur Dr Barbara Louw aangebied word.

    Nadat jy die aanlynvraelys voltooi en die beste Persoonlike Beradingsreeks vir jou gekies het, kan jy ’n aanvanklike telefoongesprek van 15 minute met haar aanvra om te bevestig of julle sal kan saamwerk.

    VOORDELE

    Die Trauma Agter die Rug Persoonlike Beradingsreeks is meer as 'n bloudruk, want Dr Barbara Louw se Wholistiese Welstandsmodelis al meer as 20+ jaar beproef en getoets. Die model bied lewensveranderende toepassings van lewenslange voordele.

    Elke sessie word ingelig deur jou unieke storie en situasie. Jy sal vinnige en meetbare resultate tydens elke sessie kan ervaar, asook deurlopende verandering tussen sessies. Sessies is vertroulik en daar sal geen groepwerk wees nie.

    Dr Barbara Louw se Trauma Agter die Rug Persoonlike Beradingsreeksis so gestruktureer dat jy veilig kan voel omdat jy weet wat om te verwag in elke sessie. Jy sal genoeg tyd hê om te kies wat om te deel en hoe jy jou gedagtes in woorde wil formuleer.

    Dr Barbara werk teen jou pas om te verseker dat julle nie oorweldig voel in julle sessies saam nie. Ons doen Christelike Pastorale berading wat fokus op oplossings vir jou uitdagings en vaardighede om jou te bemagtig om genesing te laat voortduur lank nadat die sessies geëindig het.

    Nadat jyDie Trauma Agter die Rug Persoonlike Beradingsreeksvoltooi het, sal jy 'n sertifikaat ontvang om jou reis te vier.

    ONDERWERPE

    Die hoofopskrifte van die reeks is:

    1.     My stelpunt van veiligheid

    2.     Die waarheid van my menswees

    3.     Ek is my waardeskepper

    4.     Seisoene en groeipunte

    5.     ‘n Ander ritme vir my drom

    6.     Die volheid van tyd vir my

    UITKOMSTE EN RESULTATE

    Aan die einde van die Tyd om Heel te Word Persoonlike Beradingsreeks:

    ·       Jy sal die impak van jou pyn en lyding op 'n duideliker manier sien wat veroorsaak dat jy hoop op genesing het.

    ·       Die Welstandsmodel sal jou help om daaglikse gebalanseerde groei te ervaar sonder eindelose taaklyste.

    ·       Jy sal sien hoe jou storie verander wat denkpatrone verander en gestoorde trauma vrystel.

    ·       Jy sal 'n groter gevoel van ondersteuning vir jou liggaam voel as jy na jou veerkragtigheid stap.

    ·       Jy sal meer vryheid ervaar om 'n vervulde lewe te geniet soos jy jou horisonne uitbrei.

    ·       Jy sal voel om gesonder verhoudings te geniet.

    ·       Soos jy groei, sal jy jou verbintenis met God verdiep.

    MATERIAAL TER ONDERSTEUNING

    In die Trauma Agter die Rug Persoonlike Beradingsreeks, sal jy die volgende ontvang:

    ·       'n Diagram met die reeks se raamwerk, wanneer jy geregistreer het en jou betaling ingedien het.

    ·       Verwelkomingsbrief met besonderhede van die sessies en jou 6 koeponkodes wat jou in staat sal stel om jou sessies te bespreek.

    ·       Uitdeelstukke, kleurvolle poskaarte om jou aan te moedig as ook notas om jou reis meetbaar te maak en jou te help om die meeste uit elke sessie te put.

    PAKKETFOOI

    Die pakketfooi is R4200- vir 6 sessies in 6 weke.

    (Totale waarde is R 6000-)

    BELANGRIKE NOTAS

    Ons aanvaar nie mediese fondse nie en maak nie biomediese diagnoses nie. Dit beteken jy kan nie terugbetalings van mediese fondse of mediese versekering eis nie.

    Hou in gedagte wanneer jy ‘n tyd kies om ‘n bespreking maak Dr Louw is in Suid-Afrika en die tydsone kan verskil van joune.

    Daar is verskille tussen die onderskeie Persoonlike Beradingsreekse in Engels en Afrikaans wat via Aquilla Training se platform aangebied word.

     

  • Vasberadenheid tot jou voordeel

     

    Hallo Nadia

    Vroeg-vroeg in die  jaar was dit duidelik dat verlede jaar se uitdagings nog met ons gaan wees. Daardie minder-as-perfekte-verhoudings is nog steeds mank en die ekonomie in ʼn COVID-pandemie is ʼn tameletjie.

    Nadat Moses oorlede is, was Joshua waarskynlik ook baie onseker. Ons Vader ken gelukkig ons menseharte en Hy sê vir Joshua: “Solank jy lewe, sal niemand bestand wees teen jou nie. Soos Ek by Moses was, so sal Ek by jou wees. Ek sal jou nie in die steek laat nie, jou nie verlaat nie. Wees sterk, wees vasberade, want jy moet hierdie volk die land in besit laat neem wat Ek met ’n eed aan hulle voorvaders beloof het.

  • Vroeg in die oggend

    Hallo Nadia

    Mense sê wonderlike goed oor die begin van ʼn dag, soos dat die môrestond goud in die mond het. Natuurlik is dit voordelig om vroeg op te staan, veral wanneer jy ʼn goeie na se rus agter die rug het.

    My sirkadiese ritme is egter van so ’n aard dat ek nie ’n oggendmens is nie.

Page 2 of 3

Events Booking - Upcoming Events

There are no up-coming events
Our Cookie Notification
Our Cookie Notification

We use cookies on our website. Some are essential for the site's operation, while others help us improve the site and the user experience (tracking cookies). You can decide for yourself whether to allow cookies or not. Please note that if you reject them, you may not be able to use all the site's functionalities.