Hello Nadia


Natuurlik lyk jy nie soos ‘n springhaas nie, maar ek wonder of jy soms jou ore te veel uitleen. Nee, ek bedoel nie noodwendig dat jy na skinderstories luister nie. Luister jy na mense se ongevraagde en onwelkome menings en kry jy dan jou ore en jou hart in ‘n gehawende toestand terug?
Jou naam beteken hoop en elke keer as iemand jou naam noem spreek hulle hoop oor jou uit. Daar is egter mense wat meer menings as wysheid het.
Sien jy maklik scenario’s in die ergste graad en gevaar ooral? Sulke regte “worst-case scenarios”. Die goeie nuus is dat jou brein so saamgestel is om jou te beskerm teen gevaar en vir oorlewing.
Angs maak dat ‘n mens jou omgewing en interaksies met mense soos ‘n wafferse speurder die hele tyd bespied.
Hallo Nadia
Wat sal die mense sê? Dit is een van die mees beperkende vrae waarmee ek grootgeword het.
Ondervinding het my geleer dat mense ‘n baie kort geheue het as dit kom by skinderstories. Een opspraakwekkende storie word in minder as ‘n oogwink deur die volgende opinie vervang. Aan die ander kant is mense min gepla met wat gewone mense, soos ek en jy, aanvang want hulle is besig met hul eie lewensdramas.

Hallo Nadia
Vandag wil ek jou herinner dat jy geseënd is. Soms is die lewe vol ontstuimigheid en verwoestende storms. Omstandighede kan so oorweldigend wees dat ‘n mens bang raak as jy aan die toekoms dink.

Hallo Nadia
Ek verstaan dat jou lewe vol persoonlike uitdagings is. Verhoudingsprobleme is nie eenvoudige sake met kitsoplossings nie.
Persoonlike probleme is baie meer kompleks as wat mense wil erken, omdat daar soveel op die spel is. Niemand kan net oppak en uit enige situasie loop nie, want daar is altyd groot emosies en finansiële implikasies.
Jy kan op ‘n klein bondeltjie sit en vir jouself jammer voel, terwyl jy wens dat jou lewe vanself sal verander.

Hallo Nadia
As dit rof gaan in ʼn mens se lewe is daar baie onrusbarende dinge wat ʼn mens raaksien. Dit is geen troos om die koerant op te tel of nuus te luister nie. Moord, politieke korrupsie, meningsgevegte en brandstofpryse dra nie by tot my siel se saligheid nie.
Daar is baie verstaanbare en onverklaarbare dinge wat ons harte met vrees kan vul.
Hallo Nadia
Vroeg-vroeg in die jaar was dit duidelik dat verlede jaar se uitdagings nog met ons gaan wees. Daardie minder-as-perfekte-verhoudings is nog steeds mank en die ekonomie in ʼn COVID-pandemie is ʼn tameletjie.
Nadat Moses oorlede is, was Joshua waarskynlik ook baie onseker. Ons Vader ken gelukkig ons menseharte en Hy sê vir Joshua: “Solank jy lewe, sal niemand bestand wees teen jou nie. Soos Ek by Moses was, so sal Ek by jou wees. Ek sal jou nie in die steek laat nie, jou nie verlaat nie. Wees sterk, wees vasberade, want jy moet hierdie volk die land in besit laat neem wat Ek met ’n eed aan hulle voorvaders beloof het.
