Afrikaans
- Details
Hartswysheid en kopkennis is soms so ver van mekaar verwyderd as die ooste van die weste. Tog moet ons op die ingewing van die oomblik talle besluite maak wat elke deel van ons verhoudinge en omstandighede beïnvloed. Met die uitdagings ingedagte stel ek graag Hartswysheid en kopkennis vir vriende aan jou bekend.
Hartswysheid en kopkennis vir vriende is ‘n uitdrukking van die liefdeswerk wat Wynand en Barbara Louw oor meer as drie dekades in die bediening geleer en beleef het. Hierdie boek is sterk gewortel in die Woord van die Here en is bedoel vir vriende, familie en kollegas wat waarde sal vind in praktiese wenke oor hoe om ander te bemoedig en aan te moedig.
Dit is ‘n boek vir ons mense wat deur die grootste veranderinge in die geskiedenis van Suid-Afrika se geskiedenis leef. Gedurende die periode het Wynand en Barbara saam bedien en afsonderlikke mylpale behaal en voortdurend belê in die welstand van ons mense. Hierdie twee baanbrekers leef wat hulle spreek.
Hartswysheid en kopkennis vir vriende is ‘n persoonlike boek om iemand deur die moeilike dele van hul lewensreis te help. Dit is ‘n klein gids vir selfverrykking en groei. In die boek is daar leiding om moeilike dinge soos ‘deernisvermoeidheid’ en ‘bedrieërsindroom’ te hanteer, sodat jy kan heel word. Selfhelpvoorstelle, ‘n welstandsmodel en –vraelys, sowel as ‘n kontrak om die lewe te vier sal jou dadelik ‘n hupstoot gee na ‘n hoopvolle 2021.
Ds Wynand Louw is die voorsitter van Inter Trauma Nexus NPC en Kailo Instituut NPC. Sy ondervinding in die sakewerêld en leierskap in familieberading balanseer kopkennis en bestuursaangeleenthede.
Dr Barbara Louw is op haar beurt ‘n kundige op verskillende gebiede soos trauma, berading en welstand. Deur die jare het sy toegewyd gewerk om mense te help om trauma agter die rug te kry en om heel te word.
Hartswysheid en kopkennis vir vriende bevat 150 bladsy, met illustrasies, praktiese aktiwiteite en toepassings. Die prys is R 200-, posgeld uitgesluit. Boeke kan aanlyn bestel word van
Die outeurs is ook populêre sprekers en hulle kan genooi word om by julle volgende funksie te gesels oor hartswysheid en kopkennis, of trauma en veerkragtigheid.
‘n Kort video is beskikbaar by https://youtu.be/ivD7HW4CP4c
Hartswysheid en kopkennis is Afrikaanse potgooie wat deur Dr Barbara Louw en Ds Wynand Louw opgeneem is vir uitsending op Ons Radio. Die uitsendings is opgedeel in Sondagseën, Maandagmoeilikheid, Dinsdagdinge, Woensdagwonders, Donderdagdrome, Vrydagvrede en Saterdagskatte
Daaglikse insetsels op Ons Radio.
Al die daaglikse potgooie is beskikbaar op die webwerf.
- Details
Dit is belangrik dat jy die beste beskikbare professionele persoon vind wat jou met jou spesifieke probleem of versameling probleme of trauma kan het. Realisties gesproke kan niemand weet alles of kan alles fasiliteer nie.
Indien jy verwys was of dink jy het ‘n professionele persoon gevind met wie jy kan saamwerk, hoef jy nie al die vrae te vra nie, maar maak tog seker dat jy die vrae wat vir jou belangrik is vra.
- Details
‘n Lewensafrigter is meer bekend as ‘n coach. Op sport gebied is dit die persoon wat ‘n talentvolle atleet aanspoor om hoër hoogtes te bereik.
Dit is iemand wat jy vertrou om jou beste belange op die hart te dra en jou advies te gee wanneer die lewe te veel raak. Ja, soms raak die lewe te veel en jy hak vas.
In ons moderne tyd is daar soveel opdragte en verpligting dat ons moeg en verbouereerd raak. Dit is soos ‘n rekenaar wat te veel opdragte gelyk ontvang, die sisteem oorlaai word en dan ‘hang’. Dit kan net mooi niks verder kan funksioneer nie.