Sê nou net...

Hallo Nadia Webjoernaal

As jy een oggend wakker word en alles waaroor jy gister gekla het is weg. Daarmee saam het jy net oor waarvoor jy gister dankie gesê het. Hoe sal jou lewe lyk?

Sommige menses al so stoksielalleen wees omdat hulle gesindheid hulle beroof het van alles wat die lewe die moeite werd maak.

Aan die ander kant maak dankbare harte die deure oop vir wonderwerke. Was dit Einstein wat gesê het dat jy kan leef asof alles of niks ‘n wonderwerk is? Vir my is elke dagbreek en elke sonsondergang ‘n wonderwerk. My ryke lewenspad saam met my eggenoot is vol wonderwerke en getuienisse van God se goedheid. Die liefde en lag wat my kinders in my lewe bring is ‘n groot bron tot dankbaarheid. Ek is dankbaar vir elke kliënt wat my met hul lewensverhaal vertrou. Vandag is ek besonder dankbaar vir mense wat onthou dat ek iemand lank gelede gehelp het. Nou bring hulle geliefdes tot op my drumpel om ook hoop te kry.

Ek weet dankbaarheid en genade gaan hand-aan-hand. As ek en jy op die tuinbankie sit sal ek beslis twee keer dankie sê dat jy in my lewe is.

As dit moeilik is om dankie te sê  omdat jou seer te groot is ek ek jou help om weer lig te siem Maak gerus 'n persoonlike afspraak met my.

Groete Dr Barbara