Hallo Nadia

Tussen die beurtkragsessies is daar soms ‘n kansie vir ‘n koppie koffie saam met my dogter. Die wyse jong vrou het my in alle erns gevra of ek weet van “fake accountability”? Dit is die vals verantwoordbaarheid wat mense gebruik om agter weg te kruip.

Hoeveel keer het ‘n mens al gehoor dat ‘n besorgde ouer of vriend, ‘n kind of kollega aanmoedig om ‘n berader te raadpleeg omdat hulle kan sien iets is fout. Vals verantwoordbaarheid is daardie kort antwoord van: “ek het ‘n berader” of “ek sien ‘n lewensafrigter”. Die waarheid is dat hulle weet waar om hulp te kry, maar dit is al.

Daardie klein leuen gaan miskien iemand se mond snoer, maar waarom is dit nodig om ‘n vals front voor te hou. ‘n Mens is net so emosioneel onwel en stukkend as die geheime wat jy saamsleep.

Ons hou jy die Italiaanse skrywer Carlo Collodi se storie van die marionet wie se neus gegroei het elke keer as hy leuens vertel het? As iemand emosioneel of geestelik onwel is, is dit so duidelik soos Pinocchio se neus wat gegroei het.

As jy ‘n positiewe verandering wil beleef is dit tyd om die regte besluite te maak en daardie besluite deur te voer. Ware verantwoordbaarheid begin met selfbeheersing en eerlikheid teen jouself.

‘n Mens kan vir almal ‘n vals front voorhou, maar wat help dit? Wanneer jy eerlik en opreg gesê dat dit rof gaan en dat jy sukkel, kan jy hulp kry. Jy mag dalk verstom wees as die mense om jou net soveel stoei en sukkel. Ons kan mekaar deur moeilike tye help.

Eerlike verantwoordbaarheid help ‘n mens om te voorkom dat jy terugval in ou destruktiewe patrone van slagofferskap en seerkry. Berading gaan oor meer as raadgee. In my praktyk is berading ‘n sagte, rustige aanmoediging tot verandering wat lei tot beter welstand. Die metodes wat ek gebruik is uniek en goed nagevors om mense effektief te bemagtig om die lewe se seer agter die rug te kry en toekomstige uitdagings die hoof te bied.

God is getrou en het jou waarlik lief. Daar is nie rede om aan die seerkry vas te hou nie. Daar is altyd hulp en hoop.

As jy sukkel om jou seer te verwerk kan ek jou help. Ek is beskikbaar vir aanlyn- en in-persoon-afsprake. Jy gaan aanlyn en die hele proses is eenvoudig en vertroulik. Geen derde persoon wat moeilike vrae vra nie.

Groete tot volgende keer.

Dr Barbara