Hello Nadia
'
‘n Afrikaanse blog met bemoedigende boodskapp aan ʼn vriendin.
Die pragtig naam Nadia beteken ‘hoop’ en dit is waaraan sy vashou in die uitdagendste omstandighede.
Soms is dit eenvoudig te moeilik om omstandigehede in woorde te beskryf. Tussen verpligtinge en verantwoordelikhede sukkel ons as dames soms om by die nodigste uit te kom. Hierdie boodskappies gaan jou deur die rofste dae help, soos klein happies padkos.
Hier blog se boodskappe verskyn as kort briewe, artikels en vrolike stof tot nadenke.
"Die dapperste ding op aarde - wat jy vandag kan doen - is om op te staan nadat jy geval het. Opstaan is een van die eerste menselik pogings wat jy as 'n kind aangewend het toe jy begin loop het. Jy het weer en weer opgestaan totdat jy al dapper deur die huis gewaggel het. Wel, nou loop jy soos 'n elegante dame, maar net as jy begin deur op te staan. Nou is dit tyd om op te staan. Weer en weer, totdat jou binnekant moed skep. Dit is deel van hoop vir 'n beter more.
Deel van jou proses om hoop in jou hart toe te laat, is om jouself toestemming te gee om te mag lewe.
Deur te begin glo dat jy gelukkig mag wees begin jou lewe in 'n oogwink anders lyk. Die omstandigede is dieselfde, maar die hoop in jou hart verander die lense waardeur jy na jou omstandighede kyk. Mag jou dag vol vreugdevolle oomblikke wees.
Maak aanlyn of in-persoon afspraak vanadag nog
Latest News
- Get the most out of a counselling session
- Returning to counselling after a break
- Counselling versus talking to you friend
- A meaningful gift.
- I help people solve problems
- My Welstand Radioreeks
- Four lifestyle strengths necessary to survive COVID-19
- South African detail about COVID-19
- The reality of suicide and self-harm
- Managing Trauma Relief