Dr Barbara Louw
-
‘n Bietjie liefde vir die kruidjie-roer-my-nie
‘n Bietjie liefde vir die kruidjie-roer-my-nie
In ons hedendaagse samelewing is baie mense so bevrees vir hul toekoms dat hul lewenslus en hoop al kleiner raak. In die werkplek en by die huis kan niemand dink dat hulle nie in totale beheer van alles kan wees nie.
Dit is presies die teenoorgesteldeén dieselfde as om in ‘n oorlewingswaan te wees. Almal word op ‘n afstand gehou met ‘n beleefde, neutrale: “Dit gaan goed, dankie”. Indien iemand hulp aanbied of meer geneentheid van jou verwag klap jy toe soos die kruidjie-roer-my-nie.
'n Kruidjie-roer-my-nie is 'n plant wat by aanraking sy blare vinnig kan toevou. Die Kaapse-kruidjie-roer-my-nie (Melianthus Comosus) is inheems aan Suid-Afrika. Dit is 'n struik wat vinnig groei en wat aromatiese blare het. Die klokvormige blomme is helderrooi met swart kolle aan die hals. Die pragtige plante trek voëls soos suikerbekkies aan. Gewoonlik is die blare snags opgevou en oordag uitgesprei, maar by aanraking kan die plant skielik sy blare toevou.
Nadia, my uitdaging vir jou in 2022 is om dit te waag om ‘n bietjie meer liefde, ondersteuning en vriendskap in jou lewe toe te laat. Laat toe dat die mense om jou kan sien watter pragtige mens jy is. Jy is lief vir ons Hemelse Vader, maar daar is ‘n groot vrees wat veroorsaak dat jy soos ‘n kruidjie-roer-my nie toeslaan as iemand naby jou kom.
Ja, mense kan seer maak en jou teleur stel, maar God se genade is elke oggend nuut, die son sal wel weer skyn en daar is liefdevolle, omgee-mense om jou. Die meeste mense ken nie die wonderlike mense in hul eie lewens nie, want hulle is te besig. Besig om ander vanselfsprekend te aanvaar en ons harte is toegepanser.
As die seer van trauma die lens geword het waardeur jy na die wêreld kyk is dit tyd om die lense skoon te maak of ‘n ander bril te kry. Jy is baie sterker as wat jy vandag voel. Jou gewilligheid om te probeer om mense toe te laat om jou te leer ken en lief te hê sal maak dat jy verander. Jy sal elke keer ‘n bietjie dapperder en wyser wees.
Waar begin ‘n mens? Begin by eenvoudige dinge. Deel wat vir jou mooi is en luister na wat vir ander pragtig is. Dit kan ‘n kleur, ‘n blom, musiek of ‘n dankie wees.
Waag om ‘n bietjie meer liefde en vriendskap in jou lewe toe te laat en onthou 1 Johannes 4:18-19. “Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, enwie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie. Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het”.
As die uitdaging te moeilik is of die vrees het in jou hart vasgegroei kan ek help. Ek is ‘n oproep ver. Jy kan self ‘n afspraak bespreek sonder enige derde party wat baie vrae vra deur na my webwerf te gaan vir aanlyn- en in-persoon-afsprake.
Ek sien uit daarna om van jou te hoor.
Groete tot volgende keer.
Dr Barbara
-
‘n Bietjie ligter
Hallo Nadia
Elkeen het nodig om ‘n bietjie ligter te raak aan die einde van die jaar. In die jaar het ieder en elk swaar laste opgetel en hartseer, saam met teleurstelling, in die oë moes kyk. Die gebeure, drama en krisisse rondom COVID-19 was egter net ‘n seisoen in ons lewens. ‘n Lang seisoen waarvan die einde nog nie in sig is nie.
Ek het baie hoop vir die komende jaar. Dalk gaan dinge nog moeilik wees op die ekonomiese front, maar ons is waarlik geseën en uitgespaar. God is waarlik goed vir ons in hierdie seisoen waarin ons leef.
-
‘n Leuentjie hier en daar...
Hallo Nadia
Tussen die beurtkragsessies is daar soms ‘n kansie vir ‘n koppie koffie saam met my dogter. Die wyse jong vrou het my in alle erns gevra of ek weet van “fake accountability”? Dit is die vals verantwoordbaarheid wat mense gebruik om agter weg te kruip.
-
‘n Ruggraat of ‘n wensbeentjie
Hallo Nadia
Ek verstaan dat jou lewe vol persoonlike uitdagings is. Verhoudingsprobleme is nie eenvoudige sake met kitsoplossings nie.
Persoonlike probleme is baie meer kompleks as wat mense wil erken, omdat daar soveel op die spel is. Niemand kan net oppak en uit enige situasie loop nie, want daar is altyd groot emosies en finansiële implikasies.
Jy kan op ‘n klein bondeltjie sit en vir jouself jammer voel, terwyl jy wens dat jou lewe vanself sal verander.
-
‘n Stukkie van my hart.
‘n Stukkie van my hart.
My huis ruk op die oomblik na koffie en kaneel. Wanneer ek die kaneel ruik is daar ‘n plekkie in my hart wat onthou hoe heerlik my ouma Bessie se souskluitjies was. Sy was die enigste mens wat vir my as kleuter nagereg voor die regte kos gegee het.
Geure help ons om unieke dinge te onthou. Goeie en seer herinnering word op verskillende manier in verskillende plekke gestoor.
As helpers bêre ons stukkies van elke kliënt met wie ons werk in ons harte. Na meer as 30 jaar se berading is daar baie kosbare stukkies in my hart bewaar. Dit is daardie stukkies wat in my hart gespaar is wat my herinner om vir my kliënte te bid en om saam met hulle dankbaar te wees. Ek is so dankbaar wanneer jy moed skep en opstaan.
Ek kan al daardie stukkies in my hart bewaar, want elke iedere kliënt het op hulle beurt met ‘n stukkie van my hart weggestap. Die stukkies van ons harte wat ons so deel met mekaar help ons om te onthou om vir mekaar te bid. Die hartsgoed is ‘n ons-saak, want niemand is gemaak om alleen voort te sukkel nie.
Ons kan gewoonlik niks anders met mekaar se hartstukkies doen as om vir mekaar te bid en al die laste en sorge aan ons Hemelse Vader oor te gee nie.
Liewe Nadia, party keer is die laste wat met ons gedeel word so swaar dat ons dit nie kan oordra na God toe nie. Dit is om die tyd om dit oor te rol na Hom toe. Wanneer ek my kliënt se hartseer oorrol na die Here toe bid ek ook dat Hy vir daardie mens presies sal gee wat hulle nodig het.
Ek het geen voorskrif aan God van wat Hy moet doen of wat jy nodig het nie, want ek weet dat Hy allerwys is om vir jou in elke opsig te sorg.
God se genade vat ons verder as wat ooit kan droom.
Ek hoop jy het tyd vir ‘n koppie koffie saam met daardie vriend/in wat jou help lag. Lag soveel dat jou bekommernisse terug in perspektief val.
Geniet die dag.
Dr Barbara
Verskillende skakels.
Jy kan hier na al die Afrikaanse insetsels se potgooie luister.
Vir afspraak met Dr Barbara Louw
Inligting oor Christen Pastorale Beradingsopleiding deur Dr Barbara Louw by Kailo Training Institute.
-
’n Bietjie geur
Hallo Nadia
Terwyl ek vanoggend geskryf het aan die daaglikse brief van bemoediging het ek gedink aan die ou uitdrukking wat sê: “Aan die hand wat blomme gee, kleef ’n bietjie geur”.
Dit is so waar! Daar is ‘n paar hartstake wat elke dag eerste op my beplanningslysie verskyn. Die eerste drie prioriteite gaan oor die bemoediging en aanmoediging van ons vriende en kollegas. Of die sonskyn of dit reën, dit is ‘n hartsbesluit wat uitgevoer word.
Terwyl ek vanoggend skryf dat God ‘n mens nooit wees laat nie en dat Hy ‘n weg oopmaak waar daar gee pad is nie, het iemand vir my ‘n “deur” opgemaak. ‘n Kollega, wie ek nog nooit eers ontmoet het nie, het soveel moeite gedoen om ons opleidingsinstansie laat evalueer en by ‘n internasionale instansies aanbeveel. Dit is ‘n uitsonderlike gebaar van welwillendheid in ‘n kompeterende wêreld. In Psalm 23 sê Dawid dat net goedheid en guns sal my volg.
Ek weet dat ek kan nooit meer gee as wat ek ontvang het nie. Op die slegste tye in my lewe het ons getrou gewerk om mense te bemoedig en aan te moedig. Daar was tye wat ek gedink het ons het alles gegee en dat ek nie ‘n druppeltjie energie oor het nie, maar as die telefoon lui of iemand vir raad vra het die Here die wysheid en energie gegee.
Die rowwe deel van die blomme-idee is wanneer mense vir hulp vra en nie die hulp waardeer nie. Dit is asof jou beste gawe, die lewensblomme, vertrap word. Geen goeie daad wat jy vir iemand anders doen gaan ongesiens verby nie. Ons Hemelse Vader weet wat jy doen en wat jou hartsgesindheid is waarmee jy ander help.
Dit beteken as jy jou siek geliefde versorg of ‘n goedhartige daad vir iemand ander doen is dit soos om blomme te gee. Die geur bly op jou hande ongeag of jy ‘n dankie kry en of dit waardeer word. Doen wat jy doen met jou hele hart en die wonderlik geur van God se guns sal met jou wees.
As die dankies vir wat jy doen min en ver uitmekaar is, sê ek vandag dankie dat jy gehoorsaam en getrou is. Dankie dat jy geleenthede aangryp om menslikheid en die goedertierenheid van God te deel in ‘n gebroke wêreld. Moenie moeg word om goed te doen nie. Mag jy bewus word van die wonderlike geur van genade wat aan jou hand kleef wanneer jy blomme deel.
As jy vuisvoos voel en uitgeput raak is jy welkom om ‘n afspraak te maak sodat ek jou kan help om jou kop weer op te te. Ek is ‘n oproep ver. Jy kan self ‘n afspraak bespreek sonder enige derde party wat baie vrae vra deur na my webwerf te gaan vir aanlyn- en in-persoon-afsprake.
Groete tot volgende keer.
Dr Barbara
-
02 Maandagmoeilikheid 2020 K4
2020-10-05 Mense se woorde
2020-10-12 COVID-19
2020-10-19 Wat is trauma?
2020-10-26 Wat is 'n krisis?
2020-11-02 Normale reaksies
2020-11-09 Die kameel se rug
2020-11-16 Bitterheid en verbittering
2020-11-23 Vandag is vandag
2020-11-30 Nuwe geleenthede
2020-12-07 Trots tot jou skade
2020-12-14 Seisoen van eensaamheid
2020-12-21 Eensaamheid
2020-12-28 Geloof kyk op
-
02 Maandagmoeilikheid 2021 K1
2021-01-04 Wees sterk
2021-01-11 Deernisvermoëndheid
2021-01-18 Twyfel
2021-01-25 Groot genesing is nodig
2021-02-01 Chaosmakers
2021-02-08 Hoop en bedrieërsindroom
2021-02-15 Jou probleem
2021-02-22
Maart 2021
2021-03-01
2021-03-08
2021-03-15
2021-03-22
2021-03-29
-
03 Dinsdagdinge 2020 K4
2020-10-06 Omvattende welstandsmodel
2020-10-13 COVID-19 en selfdood
2020-10-20 Veerkragtigheid (Recilience)
2020-10-27 Kies hoe jy jou dag begin
2020-11-03 Saam kom ons hierdeur
2020-11-10 Gedagtes tel
2020-11-17 Die toe deur
2020-11-24 Die krimpvarkie
2020-12-01 Die nuwe boek
2020-12-08 Om dankie te sê
2020-12-15 Jou humeur
2020-12-22 Innerlike waarskuwingstelsel
2020-12-29 Staan vas
-
03 Dinsdagdinge 2021 K1
2021-01-05 My siel wag op die Here
2021-01-12 Gun ander voorspoed
2021-01-19 Dankbaarheid i.p.v. twyfel
2021-01-26 Waar eindig genesing?
2021-02-02 Die vere van skinder
2021-02-09 Ek voel verneder
2021-02-16 Mooi dinge
2021-02-23
March 2021
2021-03-02
2021-03-09
2021-03-16
2021-03-23
2021-03-30
-
04 Woensdagwonders 2020 K4
2020-10-07 Dandelion - Perdeblom
2020-10-14 Hoe eet jy?
2020-10-21 Peppermint (Mentha Piperita)
2020-10-28 Uie en gedagtes
2020-11-04 Gras van die veld
2020-11-11 Vinkel en koljander
2020-11-18 Die wonder van lig
2020-11-25 Geluk en omgee
2020-12-02 Wees jou vriend
2020-12-09 Praktiese omgee
2020-12-16 Die gelofte en versoening
2020-12-23 Kersfees en die Evangelie
2020-12-30 Net op bystand
-
04 Woensdagwonders 2021 K1
2021-01-06 Gebrokenes en moedeloses
2021-01-13 Elke oggend
2021-01-20 Dankbaarheid en wonderwerke
2021-01-27 Die kers
2021-02-03 Kruidjie roer my nie
2021-02-10 Gemmergesondheid
2021-02-17 Ses dae
2021-02-24
March 2021
2021-03-03
2021-03-10
2021-03-17
2021-03-24
2021-03-31
-
05 Donderdagdrome 2020 K4
2020-10-01
Wie is ek?
2020-10-08 Waag om te droom
2020-10-15 Drome in balans
2020-10-22 Drome versmoor
2020-10-29 Skryf dit neer
2020-11-05 God se hande
2020-11-12 Warde van drome
2020-11-19'n Nagmerrie
2020-11-26 Nooit te eenvoudig
2020-12-03 Kinders en wonderwerke
2020-12-10 God se liefde
2020-12-17 Die brug wat jy brand
2020-12-24 Vrygemaak om liefde te gee
2020-12-31 Oujaarsdag
-
05 Donderdagdrome 2021 K1
2021-01-07 Drome en roeping
2021-01-14 Om te vertel
2021-01-21 Drome en realiteit
2021-01-28 Drome en geloof
{mp3}/2021-01/2021-01-28-Hartswysheid-en-kopkennis-Drome en geloof{/mp3
2021-02-04 Vandag is jou geskenk
2021-02-11 Drome en boksies
2021-02-18 'n Goeie plan
2021-02-25
March 2021
2021-03-04
2021-03-11
2021-03-18
2021-03-25
-
06 Vrydagvrede 2020 K4
2020-10-02 Sonder Woorde
2020-10-09 Vrede te midde van Trauma
2020-10-16 Niks is verniet nie
2020-10-23 Vrede en fokus
2020-10-30 Haal diep asem
2020-11-06 'n Plek van rus
2020-11-13 'n Dankie
2020-11-20Woede steel my vrede
2020-11-27 Luister met jou hart
2020-12-04 Vreugde
2020-12-11 Vrede
2020-12-18Onthou jy die posman?
2020-12-25 'n Christusfees
-
06 Vrydagvrede 2021 K1
2021-01-01 Nuwejaarsdag 2021
2021-01-08 Leer om te lewe
2021-01-15 Geen beter verlede
2021-01-22 Geseënd is die vredemakers
2021-01-29 Liefde en vrede
2021-02-05 Doen goed en bring vrede
2021-02-12 Wat vernietig vrede?
2021-02-19 Vrede en vriende
2021-02-26
March 2021
2021-03-05
2021-03-12
2021-03-19
2021-03-26
-
07 Saterdagskatte 2020 K4
2020-10-03 Wonderwerke
2020-10-10 God is ons toevlug
2020-10-17 Om mens te wess
2020-10-24 Jou naam is jou skat
2020-10-31 Komplimente en pluimpies
2020-11-07 Vriende
2020-11-14 My emosionele skatte
2020-11-21Reik uit in vrede
2020-11-28 Liefde en vriendskap
2020-12-05 Tyd om te skyn
2020-12-12 Kosbaar en waardevol
2020-12-19 Vriendskap is 'n kosbare skat
2020-12-26
-
07 Saterdagskatte 2021 K1
2021-01-02 Die arend
2021-01-09 Vriende en wysheid
2021-01-16 Jou hart is jou skat
2021-01-23 God se gedagtes oor my
2021-01-30 Liefde, leer en lag
2021-02-06 Skat van 'n nuwe dag
2021-02-13 'n Verhouding met God
2021-02-20 Vriende glo saam
2021-02-27
March 2021
2021-03-06
2021-03-13
2021-03-20
2021-03-27
-
About Dr Barbara Louw
Narrative Bio Dr Barbara Louw
Embarking on a transformative journey over two decades ago, I stepped into the realms of trauma counselling, pastoral care, and community development with a singular vision: to mend the broken, uplift the downtrodden, and inspire communities towards holistic wellness. As the Chief Executive Officer of Inter Trauma Nexus NPC, I've been at the forefront of crafting sanctuaries for healing and resilience, leading initiatives that span from intimate one-on-one counselling sessions to orchestrating specialized support groups that offer solace and strength to those in dire need.
My role at Aquilla Advisors cc, as a co-owner and managing member, has enabled me to extend my expertise to the corporate world, providing trauma counselling advisory services and training designed to weave the fabric of resilience within organizational structures. Our mission is to instil a culture of empathy and understanding, developing therapeutic tools that bridge the gap between adversity and recovery.
In the academic arena, as the Dean of Kailo Training Institute(Pty) LTD, I've nurtured minds and spirits, equipping eager learners with the skills to carry forward the torch of compassionate counselling and pastoral care. My commitment extends to Aquilla Wellness Solutions (Pty) LTD, where, as a co-owner and CEO, I've pioneered therapeutic interventions grounded in years of research, including the creation of Kailo Soothing Oils—a testament to our dedication to healing and wellness.
My academic journey, crowned with a Doctorate in Divinity and PhDs in Wellness & Folk Medicine and Counselling, underpins my wholistic approach to healing. This scholarly foundation, combined with practical experience, fuels my passion for making a tangible impact in the lives of individuals and communities.
I am a Breakthrough Champion—committed to your wellness, dedicated to your victory, and unwavering in my promise to guide you towards empowerment and resilience. This journey is not just my profession; it is my calling. -
Affiliations
Aquilla Advisors cc(Co-owner)
Aquilla Training (Project Leader, Author and Facilitator)
Aquilla Wellness Solutions (Private Practice Owner)
Inter Trauma Nexus (Chief Executive Officer)
Kailo Training Institute (Dean)
Association for Christian Ministries (Co-founder and Project Manager)
Page 1 of 5
Latest News
- Canvas Prints of My Artwork
- Beware
- Wholistic Wellness Coaching Model
- Fear, fake news and false facades
- Working from home? What a scary thought!
- The therapeutic value of art and play
- Hartswysheid en Kopkennis vir Vriende
- I Am Your Breakthrough Champion
- The why and the how of A Sensible Vision
- From Posttraumatic Embitterment To Wholeness In Healthcare
Who's Online
We have 151 guests and no members online